Die hoërskoolonderwyser en sy vriendin, wat albei voor die hof moet verskyn op aanklagte wat verband hou met seksuele oortredings met kinders, se saak is na Donderdag 10 Oktober uitgestel


Die borgtogaansoek van die hoërskoolonderwyser en sy vriendin wat albei voor die hof moet verskyn op aanklagte wat verband hou met seksuele oortredings met kinders is na Donderdag 10 Oktober uitgestel.

Die eerste aanklag behels verkragting; seksuele aanranding; algemene aanranding; en blootstelling, vertoning, of om die blootstelling of vertoning van pornografie aan kinders toe te laat.

Die tweede aanklag is seksuele aanranding en seksuele gereedmaking van ’n kind.

Albei beskuldigdes is op 13 September in hegtenis geneem. Hul eerste verskyning was op 20 September in die Welkomse landdroshof.

Die slagoffers is twee meisies, van drie en vier jaar oud, en ’n seun van ses. Twee van die slagoffers is reeds in 2021 van die vrou weggevat en mag net by hul ma kuier.

Die man is ’n onderwyser by ’n spesiale skool in Welkom, en sy vriendin is by gemeenskapspolisiëring betrokke.

You need to be Logged In to leave a comment.