Ds. Lood Olivier, NG kerk Welkom-Noord:
Ek lees die Vistaen ek merk die verskil in mense op.
Die brief wat ek lees, is van ’n inwoner wat alweer kla oor die toestand van Welkom se paaie en so aan.
Ek wonder: Het daar al ooit iets positiefs gekom van dié gekla? En verder wonder ek: Het die persoon al ooit iets gedoen aan al die dinge?
Net onder dit is ’n berig van Jan Jacobs en sy span mense wat slaggate regmaak.
Hulle is nie besig om te kla nie – hulle is besig om te werk aan die probleem, en hulle maak saam ’n groot verskil in die hele Welkom-omgewing.
Kan iemand by die Vistanie die een of ander tyd die verskil uitwys tussen dié wat kla en dié wat doen nie?
Ek vra maar net.