Bybelskool insiggewend

Vanjaar se aanbieding van die Bybelskool van die NG kerk Welkom-Suid begin Woensdag (02/02) om 18:30 met ’n reeks oor Openbaring. Die Bybelskool, onder leiding van dr. Leon Foot, bestaan reeds 16 jaar.


Dr. Leon FootFoto: Verskaf

Vanjaar se aanbieding van die Bybelskool van die NG kerk Welkom-Suid begin Woensdag (02/02) om 18:30 met ’n reeks oor Openbaring.

Die Bybelskool, onder leiding van dr. Leon Foot, bestaan reeds 16 jaar.

Vrae wat in die loop van die reeks aan die bod kom, is: Wat is die boodskap van die Bybelboek Open­baring? Hoe moet ons dit lees en verstaan? Wat is die boodskap van hierdie boek vir ons vandag? Is alles wat ons op die sosiale media oor Openbaring lees, waar? Hoe weet ons wat waar is?

“Daar is seker geen ander boek waaroor daar so baie gespekuleer word nie. Kom ondersoek die boek nugter en verantwoordelik as deel van God se boodskap aan ons,” sê Foot.

Die kerk is op die hoek van Badenhorst- en Van Wyk Louw-straat in Jan Cillierspark.

Almal is welkom. Skakel 083-503-6674 om ’n plek te bespreek of verdere navrae te rig.

Notas kos R50 per kwartaal.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.