Ondanks gure weer, wind en reën was die Bultfontein-liggiefees op Vrydag, 8 Desember, ‘n besonderse geleentheid.
Tweede jaar van straatmark voor ouetehuis ‘n groot sukses
Dit was die tweede jaar agtereenvolgens dat hierdie aandmark in die straat voor die ouetehuis gehou word. Alhoewel die reën uitstallers en besoekers sopnat gelaat het, was die liggies en musiek vir baie ‘n memorabele ervaring.





Uitsonderlike ondersteuning
Een van die uitstallers, Hallo Dolly, sê indien die weer op enige ander plek so sleg was, sou hulle geen verkope gehad het nie. “Dit was ‘n fantastiese opkoms—ongelooflik hoeveel mense het kom ondersteun ondanks die storms,” sê sy.
Die fees bewys dat slegte weer nie die gemeenskapsgees kan keer nie en dat Bultfontein se inwoners bereid is om plaaslike inisiatiewe te ondersteun.



You must be logged in to post a comment.