’n Bangladesj-burger het polisielede met R2 000 probeer omkoop toe hy met onwettige sigarette betrap is.
Lede van die Welkom-teenmisdaadeenheid het op 12 Mei met misdaadvoorkoming toe hulle inligting ontvang het oor onwettige sigarette wat by ’n snoepie in Jim Fouché Park, Welkom, afgelaai word.
Die winkeleienaar is genader en sy besigheid deursoek. ’n Groot hoeveelheid onwettige sigarette is gevind en die eienaar is in hegtenis geneem, waarna hy probeer het om die polisiebeamptes om te koop.
Die 36-jarige man is in hegtenis geneem vir die besit van onwettige sigarette en omkopery.
Hy het op 14 Mei in die Welkom-landdroshof verskyn.