Buitelander met dwelms betrap

Die Welkom-polisie het ‘n 39-jarige buitelander in besit van CAT, Chrystal Meth en TIK in hegtenis geneem. Hy is aangekla van die besit van, en handel in dwelms.


Die Welkom-polisie het ‘n 39-jarige buitelander in besit van CAT, Chrystal Meth en Tik in hegtenis geneem. Hy is aangekla van die besit van, en handel in dwelms.

Lede van die Welkom K-9-eenheid was Vrydag (15/07 omstreeks 15:30 op pad na Odendaalsrus vir ‘n polisie-optrede toe hulle ‘n buitelander bekend aan hulle langs die R30-pad tussen Welkom en Odendaalsrus sien stap het.

Hulle het gestop en die man deursoek. Hulle het die dwelms in ‘n houer naby sy voertuig gevind. Hy sal hierdie week in die Welkom-landdroshof verskyn.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.