Buitelander 23 jaar tronk toe vir moord en poging tot moord

Stock

’n Buitelander (33) is 23 jaar tronkstraf opgelê vir moord en poging tot moord, waarvan 13 jaar vir agt jaar opgeskort word.

Die oorblywende 15 jaar vir moord sal bly staan.

Vier mense is geskiet en een dood tydens ’n voorval op 12 April 2021, by ’n taverne in die K9-uitbreiding in Kutloanong.

Die beskuldigde Phoka Zacharia Mohloki is tot 15 jaar gevonnis vir moord, agt jaar vir poging tot moord en vyf jaar vir poging tot moord. Die tronkstraf vir moord en poging tot moord sal gelyktydig uitgedien word.

You need to be Logged In to leave a comment.