Voorlopige ondersoeke het gelei tot die inhegtenisneming van ’n 29-jarige man vir die moord van sy vrou.Foto: SAPD


’n Man is in hegtenis geneem nadat die lyk van sy vrou met steekwonde by ’n informele nedersetting by Bothaville gevind is.

Op Woensdag 3 Julie omstreeks 16:20 het ’n man by die Bothaville-polisiestasie aangekom en beweer dat hy polisiehulp nodig het aangesien sy vrou in ’n plas bloed naby die Mezwinking-nedersetting lê.

Die polisie en nooddienste is na die toneel, en die 28-jarige slagoffer is op die toneel dood verklaar het.

Voorlopige ondersoeke het gelei tot die inhegtenisneming van die 29-jarige man vir die moord van sy vrou. Die vrou is gevind met veelvuldige steekwonde.

Die ondersoeke duur voort, en die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.