Op 13 Januarie het die Sandrivier-58-tak sy SA Jagters- junior streekskietbyeenkoms op die Excalibur-skietbaan in Welkom gehou.
Altesaam 42 skuts het deelgeneem, waarvan 13 hul Vrystaat-kleure verwerf het.
Die takke wat deelgeneem het, was Sandrivier-58 (Welkom), Sandveld (Bultfontein), Riemland (Bethlehem) en Suikerbosrand (Bloemfontein).
Sandrivier-58 se volgende byeenkoms word op 1 Mei op die Excalibur-skietbaan aangebied.
Vir meer inligting, kontak Lelanie Potgieter by 082-442-6536.