Blomkool-en-patat-Kerskrans vir feestafel

Kersfees is om die draai, en menige familie begin beplan aan liplekker ge­regte vir vanjaar se Kers­tafel.

Dié blomkool-en patat-Kerskrans is die ideale feesgereg.Foto: Sarie.com

Credit: SYSTEM

Kersfees is om die draai, en menige familie begin beplan aan liplekker ge­regte vir vanjaar se Kers­tafel.

Hier is ’n heerlike kombinasie van blomkool en patats om gaste mee te verras.

Bestanddele

  • 8 klein patats
  • 60 ml heuning
  • 4 knoffelhuisies, grof gekap
  • 60 ml botter, gesmelt
  • 4 stingels tiemie
  • 45 ml olyfolie
  • 20 ml fyn kaneel, sout en vars gemaalde swartpeper
  • 200 g blomkoolstukke
  • 80 g slaaiblare
  • 80 g grannaatpitte

Metode

Verhit die oond tot 180 °C. Skrop die patats onder lopende water en sny dit in 2 cm breë ringe.

Pak die ringe met die snykant na bo in ’n groot oondroosterbak.

Meng die heuning, knoffel, botter, tiemie en olyfolie en kaneel saam en gooi dit oor die patats. Geur goed met sout en peper.

Bedek die bak met foelie, plaas in die warm oond en bak tot die patats sag en gaar is, sowat 20 tot 25 minute.

Verwyder die foelie en pak blomkool bo-op.

Bak nog 15 minute tot blomkool sag en gaar en mooi goudbruin is.

Laat dit dan afkoel tot louwarm.

Pak patats en blomkool in die vorm van ’n Kerskrans op ’n opdienbord.

Sprinkel slaaiblare en granaatpitte oor. Sit voor.

Sarie.com

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.