- Skuldig bevind aan 181 aanklagte van bedrog
- Verlies vanmeer as R9 miljoen
- Gevonnis tot 12 jaar
_________________________________________________________________________
’n Vrystaatse vrou is skuldig bevind aan 181 aanklagte van bedrog en 38 aanklagte van geldwassery, en tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.
Op Woensdag 12 Februarie het Jessica Marieka Janse van Niewenhuys (35) en haar man, Petrus (36), voor die Vrystaatse afdeling van die hooggeregshof van Suid-Afrika, Bloemfontein, verskyn.
Jessica is aan bedrog en oortreding van die Wet op Belastingadministrasie skuldig bevind is. Al die aanklagte teen haar man is teruggetrek
Die egpaar is op 27 Mei in Gqeberha in hegtenis geneem deur die Valke se ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad in Welkom.
Ondersoeke wat deur dié span gedoen is, het bewys dat Jessica, wat verantwoordelik was vir boekhouding van vier maatskappye in Parys, gedurende die tydperk tussen 2018 en 2022 bedrieglike belastingopgawes namens hierdie maatskappye ingedien het.
Sy het verder bedrieglike opgawes ingedien namens haar man, wat destyds in diens was van ’n maatskappy wat projekte by verskillende myne gedoen het. As gevolg van die bedrog wat gepleeg is, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ’n verlies van meer as R9 miljoen gely.
Alle aanklagte teen Jessica is saamgeneem vir die doel van vonnisoplegging. Sy is tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis, en sy is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.
Genl. maj. Mokgadi Bokaba, Vrystaatse hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek (Valke), verwelkom die vonnisoplegging.