GJ Wessels Foto: VerskafFoto:

’n Skitterende jong sportman van Welkom, GJ Wessels, het skaars nadat hy in Januarie vir die eerste keer die velditem driespong begin het, al meer as 12 rekords in driesprong en verspring verbeter.

GJ is ’n gr. 10-leerling aan die Hoërskool-Goudveld en neem in die o.16-ouderdomsgroep deel.

Hy het op 25 Januarie sy debuut in driesprong gemaak en Goudveld-Hoërskool se driesprong-rekord meer as een keer verbeter.

Sy ma, Vivienne, sê haar seun is vasbeslote en het geen afrigter nie.

“Hy het homself geleer deur video’s en YouTube te kyk,” sê sy.

GJ het by Sasol se uitnodigingsbyeenkoms 12 keer die rekords in verspring en driesprong verbeter en op die Multigreen weer die driesprongrekord.

By die Suid-Afrikaanse Skolesportbyeenkoms in die Paarl het GJ in die o.17-afdeling ’n bronsmedalje gekry.

Buiten verspring en driesprong, neem GJ ook aan 200 m en aflos vir die skooldeel.

Buiten sy prestasies in driesprong, is GJ ’n uitstekende sportman.

Hy speel ook krieket en rugby.

GJ speel ook sedert gr. 8 krieket vir die skool se eerste krieketspan.

Vivienne sê haar seun het twee jaar agtereenvolgens die trofee vir die beste bouler gekry en hy het in 2023 krieket vir die Vrystaat Platteland se o.16-span gespeel.

Hy was in 2023 die skool se beste junior sportman en het die o.15-rugbytrofee verower.

“Hy het homself driesprong geleer deur video’s en YouTube te kyk.”

– Vivienne Wessels

You need to be Logged In to leave a comment.