Binnegevegte vuur Matjhabeng se rioolkrisis aan

Faksiegevegte in die regerende party in Matjhabeng het tot die algehele ineenstorting van dienslewering gelei. Sedert die raad agt maande gelede ingehuldig is, het dienslewering in duie gestort. Rou riool vloei in huise in Sandania, Doorn, Dagbreek, Harmony, St Helena, Lakeview, Rheederpark, Riebeeckstad, Hennenman, Allanridge, Odendaalsrus en die aangrensende townships en plakkerskampe. Sommige woonpaaie is…

’n Inwoner van Azaleastraat in Riebeeckstad, Frans

’n Inwoner van Azaleastraat in Riebeeckstad, Frans Putter, sê hy meld nou al meer as drie maande lank riooloorstromings aan. “Ek is baie moedeloos. Die inwoners van Abeliastraat het al langer as ’n jaar probleme. Hulle het vore in hul tuine gegrawe sodat die riool na die stormwaterhoofpypleidings loop. Die reuk en die gas wat uit die gemors vrygestel word, hou ’n gesondheidsgevaar in,” sê hy.
’n Vrou van Thabong, Dineo Mayisela (65), het in ’

’n Vrou van Thabong, Dineo Mayisela (65), het in ’n oop rioolmangat naby die Laerskool Lehakwe in Thabong geval. Haar liggaam is sowat 200 m ondergronds gesleep.

Faksiegevegte in die regerende party in Matjhabeng het tot die algehele ineenstorting van dienslewering gelei.

Piet Botha, DA-raadslid, sê op ’n raadsvergadering wat op 27 Julie gehou is, was die verdeeldheid tussen die ANC-faksies ooglopend.

Piet Botha, DA-raadslid, sê op ’n raadsvergadering wat op 27 Julie gehou is, was die verdeeldheid tussen die ANC-faksies ooglopend.

Die vergadering is belê om die ontwrigting van dienste deur kontrakteurs, wat weens wanbetaling veroorsaak is, te bespreek.“Die ANC het ’n koukus belê, wat 30 minute geduur het. Twee ANC-raadslede wat in die burgemeesterskomitee dien, Rubben Tlake en Mojalefi Buti, het die uitvoerende burgemeester, Thanduxolo Khalipha, tot orde geroep en geëis om aangehoor te word. Die speaker, Bekhi Stofile, het sy hande vol gehad om die dekorum van die vergadering te probeer behou,” sê Botha.

Hy sê Tlake en Buti was nie daarmee tevrede dat sekere kontrakteurs nie vir hul dienste betaal is nie.

“Selfs nadat die burgemeester verduidelik het dat grootskaalse bedrog gepleeg is, het hulle op betaling aangedring. Khalipha het gesê verskeie twyfelagtige kontrakte is op 26 Desember 2021, ’n openbare vakansiedag, onderteken. Die enigste persoon wat kontrakte kan teken, is die munisipale bestuurder,” sê Botha.

Sedert die raad agt maande gelede ingehuldig is, het dienslewering in duie gestort. Rou riool vloei in huise in Sandania, Doorn, Dagbreek, Harmony, St Helena, Lakeview, Rheederpark, Riebeeckstad, Hennenman, Allanridge, Odendaalsrus en die aangrensende townships en plakkerskampe. Sommige woonpaaie is ontoeganklik.

Maandag (15/08) het ’n 65-jarige vrou van Thabong, Dineo Mayisela, in ’n oop rioolmangat naby die Laerskool Lehakwe geval. Haar lyk is sowat 200 m ondergronds gesleep en is eers Dinsdagmiddag gevind.Daar is meer as nege onbedekte mangate in Thabong.

“Wanneer raadslede navraag doen oor die lekkasies en gebarste pype, die gebrek aan vullisverwydering en die riooloorstromings, word hulle meegedeel dat die kwessies aangepak sal word, maar niks gebeur ooit nie,” sê Botha.

Die 18 rioolpompe wat in verskeie paaie in Matjhabeng geplaas was om iets van ’n rioolstelsel in stand te hou, is weke gelede weens wanbetaling deur die kontrakteur verwyder.Die watersuiweringsaanlegte in Matjhabeng is nie in werking nie, en rou riool vloei in riviere en uiteindelik in damme soos die Bloemhofdam.

Khojane Matutle, woordvoerder vir Matjhabeng, sê befondsing van die nasionale regering om die rioolaanlegte te herstel, is aan die implementeringsagent (Bloemwater) betaal.“Die munisipaliteit het intussen ses pompe aangeskaf om die oorstromings te bestuur en te verlig. Die restourasiewerk sal vinnig en doeltreffend gedoen word sodat hulle tot volle werking herstel kan word, en sodoende die rioolkrisis in Matjhabeng in bedwang bring.

“Dit is ook belangrik om daarop te let dat vandalisme en diefstal van die bydraende faktore in die riooluitdaging is, en gemeenskappe moet help deur te verseker dat vandale en diewe aan die pen ry,” sê Matutle.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.