Hier aan die einde van 2024 het die Laerskool St. Helena ’n verfprojek, Ubuntu, van stapel gestuur. ’n Wit muur op die hoek van Meulen- en Badenhorststraat is deur die verfkwaste van skoolkinders en hul onderwysers in ’n sierlike skilderwerk omskep. Hier is die St Helena-laerskool se muur.
Die Primêre Skool Naudeville het op Vrydag 22 November en Dinsdag 26 November, as deel van die Laerskool St. Helena se Ubuntu-verfprojek, die muur oorkant Mediclinic Welkom geverf. Die volgende onderwysers en kinders het gehelp verf: Lizande Blom (onderwyser), Grizelda du Plessis (onderwyser), Johan Gouws (onderwyser), Alexi van Staden, Liezel du Plessis, Leeland Ashmore, Amy-lee Schoeman, Tianique Viljoen, Edrich Rossouw, Wandré Weideman en Michaela du Toit.