Die Silver Village, vir afgetrede bejaardes was Saterdag 18 Februarie bevoorreg om ’n verjaardagtee vir een van hulle inwoners, Tienkie Robbertson te hou om haar 98 ste verjaardag te vier.
Robbertson is ’n stylvolle dame wat diep spore in baie inwoners van die Goudveld se lewe getrap het.
Sy was vir 33 jaar ’n matrone by die ou Welkom provinsiale hospitaal, en was ’n groot mentor aan vele gewees.
Robbertson is op 18 Februarie 1925 in Haywood in Elliot, in die Oos Kaap gebore.
Sy het in 1941 aan Queenstown Girls High gematrikuleer, en het in 1942 as ’n verpleegster by die Queenstown Hospitaal begin werk. In 1966 het sy by die Welkom provinsiale hospitaal as ’n verpleegster begin werk en is in 1969 tot matrone by dié hospitaal bevorder.
Robbertson het in Desember 1990 hier afgetree, en sy het by Villa Romeo-meenthuise in Welkom ingetrek waar sy gewoon het tot Augustus 2021 toe sy na die Silver Village verhuis het.