Betogers saai verwoesting in hul dorpe

Die munisipale staking wat die Matjhabeng-munisipaliteit en sy dorpe die afgelope ses weke aan die keel beet het, is besig om ’n spoor van verwoesting agter te laat.

Voertuie kan skaars in die sentrale sakekern van Virginia ry. Foto’s: Marti Will

Marti Will Credit: SYSTEM

Die munisipale staking wat die Matjhabeng-munisipaliteit en sy dorpe die afgelope ses weke aan die keel beet het, is besig om ’n spoor van verwoesting agter te laat.

Berigte van doelbewuste versteuring en vernietiging kom uit elkeen van die 13 dorpe en nedersettings.

’n Video van mans en vroue wat vullis by die munisipale gebou in Ventersburg uitgooi, het soos ’n veldbrand op die sosiale media en ander kommunikasieplatforms versprei.

In Virginia is die sentrale sakekern ’n onooglikheid, met hope rommel. In dié dorp is die hoofpad na Meloding omring deur gestrooide vullis, en die pad na dié vullisstortingsterrein is onbegaanbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.