Die Ventersburg-polisie waarsku dat daar ’n tendens is van jeugdiges wat vragmotors beroof

SAPD

Die Ventersburg-polisie is op soek na ’n vragmotorbestuurder wat na bewering een van die diewe wat sy vragmotor beroof het, geskiet het.

Die polisie het op Saterdag 20 Januarie inligting ontvang oor ’n skietvoorval by die vragmotorstaanplek in Ventersburg. Hulle het die lyk van ’n man met ’n skietwond agterin sy nek gevind.

Volgens getuies het drie mans die vragmotor beroof, en die vragmotorbestuurder het hulle gekonfronteer.

Drie skote is afgevuur en een vermeende dief is doodgeskiet. Die ander twee het gevlug.

Die bestuurder het weggery sonder om die voorval aan te meld.

Die oorledene is as Mokhethi Hlakoana (19) van Mmamahabane geïdentifiseer.

You need to be Logged In to leave a comment.