’n Verdagte is deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan in Welkom saam met Kroonstad-hoofwegpatrollie in hegtenis geneem vir die besit van meer as R22 miljoen se perlemoen. Hulle het ook kontant van R25 000 wat in die verdagte se besit gevind is gekry.


’n 50-jarige verdagte is deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan in Welkom, saam met Kroonstad-hoofwegpatrollie, vir die besit van perlemoen, in hegtenis geneem.

Op Dinsdag, 5 Julie  is inligting deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan in Bloemfontein ontvang oor die verdagte wat besig was om perlemoen van die Vrystaat na Gauteng te vervoer. 

Lede van Welkom se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan en die Kroonstad-hoofwegpatrollie se hulp is ingroep.

Hulle het die vragmotor gevolg en dit by ’n vulstasie in Kroonstad gestop. Tydens die deursoeking van die Tata-vragmotor het die polisie 26 bokse perlemoen ontdek vol 8 381 eenhede ter waarde van meer as R22 miljoen.

Daar is beslag gelê op die perlemoen, die Tata-vragmotor en R25 000 kontant, wat in die verdagte se besit gevind is. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 13 November 2025
    Vista E-Edition 13 August 2025