Ek vind soveel waarde in Psalm 23. Ek kan elke dag met hierdie woorde stil word en God se nabyheid in my lewe ervaar.
Met al die belewings van weke wat verbysnel en die ervaring dat daar nie genoeg tyd is nie.
Ek deel net die eerste vers van Psalm 23 met jou: “Die Here is my herder”.
Ek bid dat hierdie woorde vir jou gaan uitstaan, vir jou gaan inspireer en hoop gee. Dit is feestyd, Hy is die rede vir hierdie fees. Hy is naby jou.
Die Here het geen begin en einde nie. Die Here het outoriteit, Hy is in beheer.
Die Here weet in watter rigting ek beweeg. Hy ken alles.
Hy loop voor en ek volg Hom.
Elke dag versorg Hy my, gee my kos. Hy is saam met my waar ek gaan, gee beskerming. Hy lei my na waters sodat ek my dors kan les en ook my vrede kan kry.
Wanneer ek siek is, verpleeg Hy my. Hy beskerm my teen alle gevare. Ek kan al my seer vir Hom gee – Hy dra my op sy skouers.
In sy voetspore volg ek. Die Here is my herder. Dit is ons verhouding!
’n Belofte dat ek elke dag kan stil word. Hy is naby my.
) Heidi McLaren is ’n jeugleraar aan die NG kerk Bedelia.