Ashley Wasyliszyn, die Goudveld-Hoërskool se eerste-netbalspan-kaptein:

Ons Gouties is opgewonde om dié jaar die derby aan te bied.

As kaptein is my wens vir elke speler, ondersteuner en ouer om die dag in goeie sportmangees te geniet. Mag dit ’n dag van trots wees.

Gouties, onthou: “It’s not how big you are, it’s how big you play.”

Sterkte aan elke speler wat hard gewerk het om deel van 2023 se Derby te wees.

Luané Louw Netbal

Luané Louw Netbal

Luané Louw, Welkom-Gimnasium se eerste-netbalspan-kaptein:

Dit is vir my ’n eer en ’n absolute voorreg om hierdie jaar as eerstespankaptein van Welkom-Gimnasium in te tree.

Sterkte aan my mede-Gimmies, ons weet julle sal ons naam hoog hou. Mag ons godgegewe talente ten volle benut word en ons goeie sportmanskap ons help om dié dag ’n sukses te maak. Eenmaal ’n Gimmie, altyd ’n Gimmie. Mag die beste span as oorwinnaar uit die stryd tree.

You need to be Logged In to leave a comment.