As ons 2 Korintiërs 5:14-21 lees, dan hoor ons Paulus vertel hoe die liefde van Christus hom dring om die versoening wat Jesus met God die Vader bewerk het, ook met ander te deel.
Maar heel eerste moes Paulus self die versoening beleef het. Daar op die pad na Damaskus gebeur presies dit. God versoen Paulus met Homself deur Jesus.
Jesus se kruisdood en opstanding word die kern van die versoening en sonder daardie versoening wat Paulus self moes beleef is geen versoening met ander moontlik nie.
Vriende, is jy met God versoen? Het jy die verlossing wat Jesus gebring het, jou eie gemaak?
Sonder ’n persoonlike ontmoeting met Jesus is jy nie met die Vader versoen nie. Dan leef jy nog in onvrede met Hom.
Ons onvrede met God word verwesenlik in ons verhoudings met mense.
In 1 Johannes 4:20 word dit duidelik gesê: Ek kan sê ek haat my broer maar nie ek het God lief nie.
Met ander woorde: Ek kan nie roem daarop dat ek in die regte verhouding met God staan en met Hom versoen is, maar my verhoudings met mense hang aan flarde nie.
Ons is vredemakers X agente van versoening.
Kom ons wees dit, Goudvelders! Dit is ons roeping . . .dit is God se plan vir ons gemeenskap.
) Ds. Christo Nel is van die NG Moedergemeente Riebeeckstad.