Basaar wenresep vir ontvlugting

Die jaarlikse basaar van die NG kerk Welkom-Suid bied ’n wen­resep om die greep van die inperkingstyd af te skud.


Die jaarlikse basaar van die NG kerk Welkom-Suid bied ’n wen­resep om die greep van die inperkingstyd af te skud.

Die feestelikheid vind op Vrydag 4 Maart plaas.

Van heerlike eetgoed wat menige smulpaap se oë sal laat blink tot ’n witolifanttafel – enige winskopiejagter se droom – is kenmerkend van dié geleentheid.

Die witolifanttafel behoort, soos altyd, ’n groot aantrekkingskrag te bied.

Boonop sal plantjies, boeke, legkaarte en deurstoppe onder meer te koop wees.

Van die eetgoed wat beskikbaar sal wees, is onder meer pannekoek, kerrie-en-rys, wors- en sosatiebroodjies, vetkoek met maalvleis en basaarpoeding.

Vir van die kosprodukte moet bestellings vooraf by die kerkkantoor by 057-352-296, of by Johanna Brits by 082-856-5888, geplaas word. Belangstellendes kan Vrydag reeds van 10:00 af nader staan.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.