Balle tot op proewe gerol

Die Harvinia-rolbalklub in Virginia is ’n krag om mee rekening te hou.


Die Harvinia-rolbalklub het die meeste spanne vir die Goudveld-viere-rolbaltoernooi ingeskryf, en vier van dié ses het na die Vrystaat-viere-proewe op 19 en 20 Februarie in Kroonstad deurgedring. Foto’s: Verskaf

Die Harvinia-rolbalklub in Virginia is ’n krag om mee rekening te hou.

Dié klub het die meeste spanne vir die Goudveld-viere-rolbaltoernooi ingeskryf. Dit is op 23 Januarie by die Rovers-klub in Welkom beslis.

Vier van die ses spanne wat hulle ingeskryf het, het deurgedring na die Vrystaat-viere-rolbalproewe wat op 19 en 20 Februarie in Kroonstad gespeel sal word.

Nico Robertson en Joe Souteiro is die leiers van die mansspanne van die klub wat deurgedring het. Bettie Robertson en Audrey Souteiro is die leiers van die vrouespanne wat aan die proewe gaan deelneem.

“Ons vat ons spel ernstig op,” sê Charmaine Labuschagne, wie se man, Thys, vir een van die mansspanne gekeur is. Hul dogter Chanté speel ook by geleentheid rolbal.

  • Noord-Vrystaat-rolbal word verteenwoordig deur drie subdistrikte: Goudveld, Riemland en Valsrivier.

Die lede van die twee mansspanne is van links, Sally Buodonna, Nico Robertson (spanleier), Leon Labuschagne, Jan Nell, Deon Gerber, Marius Strydom, Joe Souteiro (spanleier ) en Thys Labuschagne.

Van links is Hantie Vermaak, Moira Kleynhans, Charmaine Labuschagne en Audrey Souteiro (spanleier), een van die vrouespanne van Harvinia.

Harvinia se tweede vroue-span, van links, is van links is Magdalena Nell, Bridgitte du Toit, Marthie Kasselman en Bettie Robertson (spanleier). Foto: Verskaf
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.