Babas van vuurdood gered

’n Odendaalsrus-egpaar is vir poging tot moord in hegtenis geneem nadat hulle hul “duiwelbesete” babas in ’n oop vuur op hul erf probeer verbrand het.


’n Odendaalsrus-egpaar is vir poging tot moord in hegtenis geneem  nadat hulle hul “duiwelbesete” babas in ’n oop vuur op hul erf probeer verbrand het.

Die heldhaftige optrede van ‘n plaaslike radio-aanbieder, Sean Barnard, en ‘n besorgde buurman het die twee babas Dinsdag van ‘n gewisse dood gered

Die gewilde GoldFM-aanbieder, Sean Barnard

Die gewilde GoldFM-aanbieder, Sean Barnard

toe hulle die 29-jarige pa, wie met ‘n panga gewapen was,  en sy 21-jarige vrou, gekonfronteer het. Die egpaar wou die twee “duiwelbesete” babas lewendig verbrand.

Die GoldFM-aanbieder was op reis na Welkom vanaf Riebeeckstad toe hy ‘n oproep van sy vriend kry het. Dié het hom vir dringende bystand in Odendaalsrus gevra.

Toe Barnard by die huis aankom, het hy twee babas gekry wat teen hul sin naby ‘n oop vuur gehou is.

Barnard sê die man het gesê hy wil die kinders lewendig verbrand omdat hulle demone gehad het.

Barnard het dadelik sy kollegas Brian Emmenis, die stasiebestuurder, en Ryan Ellis gekontak wat albei voormalige polisie-offisiere is. Ellis het die polisie in Welkom gekontak en binne minute het kapt. Wassie Wasmuth van die Welkom K9-eenheid op die ontwikkelende situasie gereageer.

Om die kinders te beveilig, moes Barnard en sy vriend die eiendom se hek afbreek. Hulle het toe die gewapende man getakel, en hom beveilig totdat die polisie opgedaag het om hom en sy vrou in hegtenis te neem. Barnard se heldedaad het die twee kinders van ‘n vurige dood gered, en albei babas is ongedeerd ná hul ontstellende ervaring.

“Baie dankie en welgedaan aan die twee mans wat sonder huiwering op die situasie ingespring het om die twee kinders te red. Ook ‘n groot dankie aan die polisiemanne wat vinnig op die voorval gereageer en die aanvaller aangekeer het. Die gespanne konfrontasie is sonder geweld opgelos,” sê Emmenis. Kapt. Stephe

“Baie dankie en welgedaan aan die twee mans wat sonder huiwering op die situasie gereageer het om die twee kinders te red. Ook ‘n groot dankie aan die polisiemanne wat vinnig op die voorval gereageer het en die aanvaller aangekeer het. Die gespanne konfrontasie is sonder geweld opgelos,” sê Emmenis.

Kapt. Stephen Thakeng, mediaskakelbeampte vir die SAPD in Lejweleputswa, het bevestig die voorval het Dinsdag (19/07) omstreeks 11:45 plaasgevind.

“Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle die egpaar gevind wat gepoog het om hul twee kinders, ‘n babaseun en babadogterjie, te verbrand.”

“Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle die egpaar gevind wat gepoog het om hul twee kinders, ’n babaseun en babadogtertjie te verbrand.”

Thakeng sê die egpaar is vir poging tot moord in hegtenis geneem en sal in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn. Die twee babas is na ‘n plek van veiligheid geneem.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.