Sewe atlete van die Laerskool Koppie Alleen in Riebeeckstad het op Saterdag 2 Maart plekke behaal op die Noord-Vrystaat-atletiekkampioenskapsbyeenkoms in Sasolburg.
Tlotliso Ngake (seuns o.11) het ’n eerste plek in die aflos en ’n sesde plek in die 100 m behaal; Mosa Mofokeng (seuns o.10) ’n tweede plek in die 70 m-hekkies); Minenhle Sithole (meisies o.10) ’n vyfde plek in hoogspring; Given Stanley (seuns o.11) ’n derde plek in die 70 m-hekkies; Hope Coetzer (meisies o.13) ’n vierde plek in die 100 m en 200 m; Michelle Moloi (meisies o.13) ’n eerste plek in die aflos, ’n derde plek in die 100 m en ’n vyfde plek in die 75 m-hekkies; en Karabo Mahlungwa (meisies o.10) ’n sesde plek in die 1 200 m.
Mosa, Given en Michelle is ook gekies vir die span wat op 24 Maart die Vrystaat op die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms in Limpopo gaan verteenwoordig.