Twee leerlinge aan die Amari-skool in Welkom het aan die nasionale kampioenskap vir atlete met fisieke gestremdhede deelgeneem. Die byeenkoms is van 18 tot 23 Maart in Germiston gehou.
Xolile Mthembu (o.15) het drie goue medaljes vir fietsry in die T1-afdeling ontvang.
Die afstande waarin hy presteer het, is 800 m, 1 500 m en 4 km.
Mpho Thomas (o.17) het twee silwermedaljes vir fietsry in die T2-afdeling gewen. Die afstande was 800 m en 1 500 m.
In atletiek het sy in die F37-afdeling goud in verspring, asook silwer in spiesgooi en gewigstoot, gewen.