Vier van die Goudveld-multisportklub se lede het op Saterdag 29 Junie aan die Rhodes Trail Run deelgeneem.
Dit is ’n 52 km-bergwedloop wat in Rhodes in die Oos-Kaap plaasvind.
Die wind en yskoue temperature maak die wedloop moeilik. Vanjaar se roete is effens verander weens seeu op die berge. Dit het ook aan die begin van die wedloop gesneeu.
Vanjaar het Marius Bester sy permanente nommer ontvang. Atlete moet drie Rhodes-wedlope voltooi om ’n permanente nommer te kry.
Hierdie nommer is ook bekend as ’n sneeuvlokkie-nommer.
Paul Steenkamp was vierde in die mans-afdeling en ook tweede in sy ouderdomsgroep.