Vanjaar gaan 16 atlete van die Goudveld-multisportklub aan die 51ste Two Oceans-marathon deelneem.
Die 21 km-wedloop word Saterdag (16/04) aangepak en die 56 km-ultramarathon Sondag.
Die klub se atlete wat aan die ultramarathon sal deelneem, is: Dean Dodd, Louis Fourie, Louis Massyn, Elmien Scott, Pierre Scott, Allan Simpson en Jacques Smith.
Die klub se atlete wat aan die 21 km sal deelneem, is: Maleska Barnand, Rene Bezuidenhout, Elizabeth Dodd, Werdi Dodd, Rita Massyn, Sharlene Prinsloo, Gerald Sullivan, Jan-Henri Smit en Mina Sullivan.
Louis Massyn neem vanjaar die 45ste keer aan hierdie gewilde wedloopgeleentheid deel. Dit is ’n rekord vir die meeste agtereenvolgende Two Oceans-wedlope.
Massyn sal vanjaar ook die oudste deelnemer wees.
Dit sou Massyn se 47ste agtereenvolgende wedloop gewees het, maar die opstel van so ’n rekord is in die wiele gery deurdat die wedloop in 2020 en 2021 weens die gevolge van die Covid-19-pandemie gekanselleer is.