Die Anco-ultra-marathon begin Saterdag (12/03) om 05:30, met die Goudveld Multisport-klubhuis in Disastraat, Welkom, as wegspringpunt.
Om 05:30 spring die deelnemers aan die 48 km weg, en om 06:00 begin die 32 km- en die 16 km-wedloop.
Om 06:30 begin ’n familie-pretstap-en-draf oor 5 km.
Hierdie marathon met sy gelyk en vinnige sirkelroete is ’n kwalifiserende wedloop vir die Twee Oseane- en die Comrades-ultramarathon.
“Saterdag sal ons van 04:00 af by die Klubhuis wees, waar laaste inskrywings gedoen kan word en die wedloopnommers afgehaal word,” sê Heidi McLaren van Goudveld Multisport.
Voornemende deelnemers kan hulle ook vooraf aanlyn inskryf deur na te gaan na goudveldmultisport.co.za.