“Hierdie wysiging is om voorsiening te maak vir die erkenning en verteenwoordiging van Khoi-San-gemeenskappe en leiers in die Vrystaatse provinsiale huise van tradisionele leiers. Dit is ook om voorsiening te maak vir die instelling van Khoi-San-rade en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat met hierdie gemeenskappe verband hou,”

LOGO

Die portefeuljekomitee oor samewerkende regering en die kantoor van die premier sal ’n uitgebreide proses begin om die Wysigingswetsontwerp op die Vrystaatse provinsiale en plaaslike huise van tradisionele leiers te oorweeg.

“Hierdie wysiging is om voorsiening te maak vir die erkenning en verteenwoordiging van Khoi-San-gemeenskappe en leiers in die Vrystaatse provinsiale huise van tradisionele leiers. Dit is ook om voorsiening te maak vir die instelling van Khoi-San-rade en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat met hierdie gemeenskappe verband hou,” sê Life Mokone, woordvoerder en hoof van kommunikasie van die Vrystaatse wetgewer.

Vyf openbare verhore is beplan om oor die Vrystaat heen plaas te vind.

Op Donderdag 26 Oktober is hulle om 10:00 in Welkom, in die Ferdi Meyer-saal.

You need to be Logged In to leave a comment.