Afriforum in Welkom tree in

‘AfriForum het ingespring om die inwoners se omgewing te verbeter. Inwoners het die reg tot ’n skoon omgewing,’ sê Johan Terblanche.


Die AfriForum-tak in Welkom het strafregtelike klagtes teen die munisipale bestuur van Matjhabeng ingedien.

Hulle het ook op op 31 Mei vir Fouche Loodgieters aangestel om ’n reuse-rioolverstopping naby die Checkers in St Helena, Welkim, te ontblok en die rioolpype skoon te maak. Dít volg nadat die kontakteurs wat die munisipalitiet op tenders aangestel het glo blokkasies in die pyplyn gelos het. Dit het tot gevolg gehad dat rou riool in ondernemingspersele en woonhuise in die gebied oorspoel.

Die organisasie het sedert Augustus 2019 reeds verskeie skrywes aan die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit gerig oor rou riool in erwe. Die rou riool hou verskeie gesondheidsrisiko’s vir die inwoners in en dit vloei soms vir weke aaneen uit die mangate. Dit is op sommige plekke só erg dat mense om die riool en selfs deur dit moet beweeg om by hul voertuie uit te kom. Die munisipaliteit het tot op hede egter geen poging aangewend om hierdie probleem op te los nie.

“AfriForum het ingespring om die inwoners se omgewing te verbeter. Inwoners het die reg tot ’n skoon omgewing en dit is skokkend dat die munisipaliteit niks aan hierdie situasie doen nie,” sê Johan Terblanche, voorsitter van die Welkom-tak.

“Daar is ook in Mei 2022 strafregtelike klagtes een die munisipale bestuurder ingedien. Ons gaan aanhou druk op die Matjhabeng-munisipaliteit toepas om die munisipaliteit tot verantwoording te roep en dat geregtigheid kan geskied,” sê Chris Morgan, distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.