Sedert Eskom rotasiebeurtkrag in 2008 begin toepas het, is die langste kragonderbrekings nóú van toepassing.
Volgens EskomSePush duur beurtkrag-sessies sedert 8 September, toe Eskom met sy volgehoue beurtkrag begin het, altesaam vir meer as 450 uur.
Vroegoggend op 18 September het Eskom na fase 6-beurtkrag oorgeskakel.
In hierdie tydperk was fase 4 die mees algemeen met ’n totaal van 163 uur, gevolg deur fase 5 se 120 uur en fase 3 se 95 uur.
Fase 6-beurtkrag het vir 43 uur geduur, en fase 2 vir 38 uur.
Die vorige keer toe sulke hoë aantal ure vir beurtkrag in 2022 opgemerk is, is tussen 28 Junie en 15 Julie. In hierdie tydperk was beurtkrag vir altesaam ongeveer 403 uur toegepas.
Data van EskomSePush toon dat Eskom vanaf 10:00 op 19 September reeds 1 637 ure se beurtkrag in die jaar toegepas het. Dit is gelykstaande aan ongeveer 68 dae. – Vertaal en verwerk uit ’n skrywe deur Hanno Labuschagne (My Broadband – 28/09)