Piet Odendaal, skoolhoof van die Laerskool Odensia:
Vanjaar word die Vista-Odensia-aandreeks vir die 25ste keer aangebied.
Weereens beteken dit vyf dae se opwinding vir die seuns en dogters van ons streek. Ons sien werklik uit om al die rugby- en netbalspelers, afrigters, skeidsregters, skoolhoofde, ander beamptes, ouers, borge en die ondersteuners uit die Goudveldgemeenskap hier by Odensia te ontvang.
Ons is besig om seker te maak dat alles in plek is vir ’n wonderlike aandreeks vir elke deelnemer.
Ek wil graag vir Vistaen Media24 bedank wat vir die meeste van die 25 jaar as die hoofborg van die Odensia-aandreeks dien.
Ons opregte dank ook aan elke besigheid of persoon wat elke jaar die aandreeks lojaal ondersteun. Sonder u ondersteuning kan so ’n geleentheid nie aangebied word nie. Ons het werklik groot waardering vir u ondersteuning.
Die aandreeks kan egter nie plaasvind sonder die ondersteuning van die deelnemende skole nie!
Baie dankie vir al die skole se ondersteuning oor die afgelope 25 jaar. Die kinders het oor die jare die toeskouers baie genot verskaf met hul vaardighede.
Hier het verskeie Springbokke en provinsiale rugby- en netbalspelers gedurende hul laerskooldae hier gespeel.
’n Spesiale dank aan die vasbyters vir hul ononderbroke deelname en lojale ondersteuning sedert die eerste aandreeks wat op Freddies-hengelklub se terrein plaasgevind het.
Hulle sluit in die Welkom-Volkskool, Brandwag-Volkskool, Laerskool Harmonie, Laerskool Voluit (Virginia-Volkskool en Merriespruit saamgesmelt), Laerskool Nelsdrif, Laerskool Riebeeckstad, Laerskool Koppie Alleen en Laerskool Hennenman.
Ons gaan dit weereens so opwindend as moontlik vir die deelnemers maak sodat dit weereens ’n geleentheid gaan wees wat elke deelnemer kan koester.
Ons sien uit om al die deelnemende spanne hier te ontvang. Ons vertrou dat julle elke oomblik sal geniet. Gee net julle beste.
Baie dankie ook aan al die afrigters wat soveel tyd en moeite insit om die kinders af te rig. Jul insette maak ’n groot verskil in die kinders se lewens.
Lekker musiek en stalletjies met genoeg heerlike eet- en drinkgoed gaan weer deel vorm van die feestelike geleentheid.
During the Odensia Night Series the learners play for trophies, but their participation and ultimate enjoyment is more important. Winning a trophy is a privilege that the winning team can enjoy with modesty.
Ons nooi graag die ouers en die res van die gemeenskap uit om die laerskoolrugby en -netbal te kom geniet. Kom geniet die feestelike atmosfeer saam met ons.
My opregte dank aan die personeel, beheerliggaam, ouervereniging, ouers en leerders van Odensia vir jul bydra om die aandreeks moontlik te maak.
My sincere thanks to all the participating schools.
Good luck to each team and its players as well. Use the opportunity to prepare for the season ahead.
The most important thing, however, is to enjoy every moment and to fully utilise your talent.
Ons sien uit om almal hier by die 24ste Odensia-aandreeks te ontvang! Kom geniet dit saam met ons hier by Odensia.