Boodskap van Piet Odendaal, skoolhoof van die Laerskool Odensia:
Die Covid-19-pandemie het baie dinge deurmekaar kom krap.
Ek reken die pandemie se grootste letsel is op die onderwys gelaat. Ons kinders se onderrig en algemene ontwikkeling het beslis skade gely.
Gelukkig het baie skole en ouers hul bes gedoen om kinders se agterstand uit te wis.
Tog staan die feit dat daar agterstande is, en baie werk lê voor om al die kinders weer op koers te kry.
Alles het egter ’n positiewe kant, en een daarvan is die Odensia-aandreeks.
Al die skole het die uitnodiging aanvaar, en ons is opgewonde om iets positiefs tot die herstel van ons kinders se welstand by te dra deur die Odensia-aandreeks so opwindend moontlik te maak.
We look forward to welcoming all the rugby and netball players, and we are preparing everything to the best of our ability so that the players can enjoy it. We know that every child is looking forward to participating again. Just do your best!
Toeskouers word weer langs die sportveld verwelkom. Ouers en die res van die gemeenskap word genooi om die laerskoolrugby en -netbal, die feestelike atmosfeer en die heerlike eetgoed te kom geniet.
My opregte dank aan al die borge wat die aanbieding van die Odensia-aandreeks moontlik maak. Die Laerskool Odensia is geseënd om so baie ondersteuning uit Odendaalsrus en Welkom te ontvang.
Ons is altyd gereed indien die watertoevoer afgesny word of beurtkrag toegepas word, want daar is borge wat omgee. Ons is baie dankbaar vir al die ondersteuning.
My opregte dank aan die personeel, beheerliggaam, ouers en leerlinge van Odensia vir jul bydrae om dié aandreeks moontlik te maak. Julle is almal staatmakers en julle maak ’n verskil.
My sincere thanks to all the schools participating, and good luck to each team. Use the opportunity to prepare for the season ahead. The most important thing, however, is to enjoy every moment and use your talent.
Ons sien uit om almal hier by die 23ste Odensia-aandreeks te ontvang.
Kom geniet dit saam met ons hier by Odensia.
Die gemeenskap word genooi om die laerskoolrugby en -netbal te kom geniet. – Piet Odendaal